Gay Life/in die middel

Advertisement


Question
QUESTION: Hi Adriaan

ek waardeer jou oop en opregte antwoorde op al die kwellende vrae rondom seksuele kwessies.

ek is 'n 32-jarige man en ek sit tussen 2 werelde. op 'n baie jong ouderdom (sowat 5) is ek deur 'n seuntjie (sowat 5 jaar ouer as ek) 'gemolesteer'. hy het my badkamer toe geneem gaan sit en ek moes hom suig. dit was half die begin van seksuele ontdekking waar ek met 'n rits outjies geeksperimenteer het. ek verstaan dis normale gedrag om met 'n persoon van dieselfde geslag te eksperimenteer omdat dit juis gaan oor selfontdekking en dan natuurlik die 'taboe' van eksperimenteer met 'n meisie as kind. volgens die sielkundige wat ek sien is ek van 'n jong ouderdom seksueel oorgestimuleer gepaardgaand met 'n valse vorm van sekuriteit wat ek as 'liefde' ervaar het maar ook diepe angstigheid (skeidingsangs) wat ek in die kleuterskool ervaar het (weg van ouers en 'n lyfstrafepisode daar)wat my identiteitskrisis verder aangevuur het. ek beskou dit dat ek impulsief gereageer het op 'n penis. 'sien penis; vat daaraan; suig daaraan;dink daaraan). ek het ook 'n meisie of 2 gehad in die laerskool en aangesien mens nog seksueel naief is was daar tog 'n 'gevoel' om die meisie te soen of aan haar borste te vat (heelwat later in die studentedae) maar dat ek glad nie 'n gevoel gehad het om my penis in haar vagina te druk, daaraan te vat of dit as aantreklik te beskou. ek was onlangs ook oorsee en het 'n verhouding gehad met 'n asian man en dit was vir my seksuele vryheid wat ek ervaar het itv soen, seks ens. maar komende (soos jy weet) uit 'n afrikanerfamilie, tradisievas, calvinisties was dit vir my moeilik om die twee werelde bymekaar uit te bring en dit veroorsaak spanning en druk. ek is 'n sensitiewe ou en sit tussen 2 werelde. ek voel of ek reg in die middel le 50/50 man/vrou maar met 'n neiging om seksueel saam met 'n man te verkeer. bisexual/straight/gay?

ek het maar nou gesels soos ek voel so ek hoop jy verstaan wat ek geskryf het.

jou terugvoer sal waardeer word.

Johan

ANSWER: Hello daar Johan

Eerstens, dankie dat jy my vertrou met hierdie persoonlike vrae.

Wat met jou gebeur het op 5-jarige ouderdom is inderdaad ernstig en ek is bly dat jy wel n sielkundige sien oor dit.  

Wat ek gaan se hier, gaan dalk baie snaaks klink vir jou.  Gay/Straight/Bi is iets wat mens gebore word mee.  Dit word nie in jou ingeslaan deur rowwe ouers or in jou ingeleer deur ouer seuns nie.  Wat jy experience het is nie gay nie, en soos jy inderdaad gese het, dit het jou n wanindruk van die liefde gegee.

Maak dit jou gay?  Ek is seker dit het n invloed oor jou keuse, ja, maar dit definieer definitief nie jou seksualiteit nie.  As jy intiem met mans wil verkeer, maar eendag met n vrou sou wou trou, kinders he en so aan, is jy tog straight.  Die seks met mans-gedeelde is dan geskep jou verlede, en nie jou seksualiteit nie.

Dis n simpel voorbeeld hierdie, maar as jy van geboorte af toegesluit word in n kamer, met geen menslike kontak van enige aard nie, en kos word aan jou deur n gleuf gegee word, gaan jy tog groot word om te dink jy is die enigste mens wat bestaan.  Dit beteken nie jy IS die enigste mens nie, net dat jy dit so ervaar.

Maar die belangriker vraag is, Johan, wat jy IS, nie wat jy dink jy moet wees as gevolg van jou verlede nie.  As jy jouself sien oudraak met n vrou aan jou sy, dan is jy straight.  As jy jouself sien met n man aan die hand, is jy gay.  Dit is ook wat jy IS binnekant, nie wat eksterne impakte jou gemaak het nie.

Sterkte, en as jy nog wil gesels, voel asseblief vry, jy kan met my gesels oor enigeiets!  Onthou ook as jy privaat wil gesels (jou vraag en my antwoord word byvoorbeeld op die oomblik gepubliseer op die website vir enigeiemand om te lees), moet jy die 'private' keuse kies, dan sal jou vraag nie gepubliseer word nie.

Adriaan

---------- FOLLOW-UP ----------

QUESTION: Dankie vir jou antwoord. Maar ek wil net weet hoe meet ek dit? hoe evalueer ek myself om te weet wie ek IS vandag? ek kan nie se of ek saam met 'n vrou of man wil oudword nie? ek sal afhangende van jou antwoord op private stel dan kan ek daar dalk gemakliker gesels.

dankie

Answer
Hello weer Johan!

Die vinnigste manier of uit te vind, is om dit te ervaar.  Gaan op n date met n meisie.  Dit sal n gemaklike date wees, want jy weet vooraf dat jy niks verwag van die date nie.  Hou dit n lekker aan, gemaklik, gesels, lag!  Geniet dit!  As iets meer intiem gebeur, winderlik, vat dit so ver as wat gemaklik voel vir jou.  Die sleutel hier is 'gemaklik'.  Die oomblik wanneer dinge snaaks begin voel vir jou, kan jy stop (dink n verskoning uit, kry n vriend om jou te bel en uit te 'bail').

Gaan dan op n date met n ou.  Doen dieselfde as bo.  Gebruik dan beide gevalle om te sien tot waar jy ding sou vat en met wie.

Intiem wees met iemand, liefde en seksualiteit is alles verskillende dinge.  Ek het n vriend wat byvoorbeeld seksuele ontmoetings het met mans gehad het, maar toe hy sy vrou ontmoet het, het hy dit gestop, getroue en is tot vandag toe nog gelukkig getroud.  Hy het nog nooit weer n man gesoek nie.  Hy het ook voor hy getroud was my vertel dat hy nooit verlief sou kon raak op n man nie, want dit het net nie reg gevoel vir hom nie.  Dis n verwarring wat baie mense maak, om seks met seksualiteit te verwar.  As ek seks met n opblaaspop het, maak dit tog nie van my n mannekyn nie.  Ek is gay, maar het n seks gehad met meisies, dit maak my nie straight nie, net jags :-)

Johan, ek dink jy moet dit net beproef.  Ek voel daar is ook ander dinge in jou lewe wat maak dat jy nie kan konsentreer op hierdie nie, dit is waarom jy so in die middel bly oor jou besluit.  Jy gaan tien teen een beter kan fokus as jy aan daardie dinge ook begin werk.

Adriaan

Gay Life

All Answers


Answers by Expert:


Ask Experts

Volunteer


Adriaan Pretorius

Expertise

Any questions on how to come out, handling people close to you, handling the pressures of being gay in society, going out, seeking a partner, etc. are welcome. I live in South Africa and may have a unique perspective on gay live, as gays do not live openly and have been scorned for a long time here. If you need to speak to someone, and no one wants to listen, I will try my best to be a friend when you have none.

Experience

I am a gay male who have lived the life as someone that had to hide it from everyone for a long time until coming out some years back. I know how it feels to be 'in' and 'out' and have had diverse experiences in relationships. I have had friends who hated gay life, gay bashers, friends who understood me.

Education/Credentials
I have a postgraduate degree in Science. I have worked together with and currently work with homosexual and heterosexuals in my environment.

©2016 About.com. All rights reserved.