You are here:

Gay Life/Hoe om gay-wees te aanvaar

Advertisement


Question
Hey Adriaan,

ek het eintlik heel toevallig op die site uitgekom, maar is nie te min bly dat ek het... Ek woon self in SA, so ek's seker jy kan vertsaan hoe dinge hier gaan. Ek weet al vir die grootste deel van my lewe dat ek aangetrokke voel tot mans, maar soos jy self seker kan verstaan, is dit vir my geweldig moeilik om vrede te maak daarmee.

Ek is as 'n Christen grootgemaak, en a.g.v die hele "alle-gay-mense-gaan-hel-toe" ding, ervaar ek deurentyd 'n geweldige angs as ek dink daaraan dat ek eendag in 'n verhouding wil wees met 'n ou. Ek was nog nooit in my lewe in enige verhouding nie, is nog nooit eers gesoen nie, maar daar is geen twyfel aan my gevoelens nie.

Elke keer as ek die angs ervaar, dink ek dat dit van my verwag word om alleen deur my lewe te gaan en dat ek altyd daardie eensame gevoel gaan he. Vir 'n lang tyd het ek probeer om myself te bluf deur vir myself te se dat ek nie belangstel in verhoudings nie. Maar Noudiedag het ek 'n gay romance novel gelees, en toe dit klaar is het ek gecrack! Ek was liggies histeries.

Ek het nog nooit vir enige iemand vertel oor enigeiets nie, maar verlede week het ek uiteindelik uitgekom teenoor my psigiater. Ek is nou op 'n punt waar ek al beter voel - asof ek begin om dit te aanvaar, maar ek kan eenvoudig nie van die angs, spanning, en eensaamheid ontslaeraak nie. Ek studeer op die oomblik en die dinge is besig om dit vir my soms moeilik te maak om te fokus, omdat ek gedurig met hierdie emosies worstel.

Dis boonop ook geweldig moeilik (vir my) om uit te figure hoe op dees aarde 'n mens veronderstel is om iemand ('n ander gay ou) te vind om 'n stabiele, getroue verhouding mee aan te knoop. Hoe weet mens wie jy kan vertrou, wie gay is ens? Ek is nie 'n outgoing persoon nie. Ek is social, maar ongelukkig altyd agter 'n masker... Die hele internet dating/meet people ding staan my ook nie juis aan nie, omdat ek sou verkies om dit weg van my ouers te hou. Ek sien net nie kans vir die emosionele strain van nou skielik uitkom en my hele wereld omvergooi nie! Enige raad van hoe om iemand te ontmoet, selfs net gay vriende, want ek het geen... :( Dit raak soms baie eensaam en soos ek genoem het wil ek dit liewer net vir 'n select few (mense wie ek uiters vertrou) bekend maak.

Jammer vir die vreeslike lang post, maar ek moes dit van my rug afkry. Ek wil vrede maak maar mense en veral die geloofsding is 'n teer saak...

Groete,

Steven

Answer
Hello Steven!  Jy het nie jou email as private gemerk nie, so almal gaan hierdie op die internet kan lees, ek hoop dis ok so.

Die lengte van jou brief maak nie saak nie, jy kan so lank skryf as wat jy wil!

Ek altyd so moerig eintlik wanneer straight mense die gay ouens so breinwash oor die woorde van die bybel.  Het jy geweet in dieselfde hoofstukke waar gay ouens gese word hulle gaan hel toe, staan daaar ook dat mens nie mag skelvis eet nie, en dat jy mag slawe aanhou?  n Mens kan nie jou lewe bou op enkele paragrawe uit die bybel nie.

God maak nie foute nie.  God het ons gemaak net soos hy bedoel het.  As jy se gay-wees is verkeerd, se jy God maak foute. <--- worry eerder oor DIT :-)  Waarom sou Hy n spul moffies gemaak het, net om ons hel toe te stuur?  Hy is sagmoedig, nie geweldadig nie.

Kan jy sien wat het gebeur toe jy uitgekom het teenoor die dokter?  Onmiddellik het die lewe jou gewys jy is op die regte pad deur jou te laat beter voel.  En kyk, hier het jy my ook vertel!  Ek's Adriaan, aangename kennis!

Nou, uitkom, is sommer na simpel konsep, kry dit uit daai studente-breins van jou.  Jy's klaar uit.  Yay!  Sien, as jy n groot bohaai gaan opskop oor uitkom, gaan al die ander mense n bohaai opskop oor jou uitkoms.  Imagine straight ouens het rondgegaan en hulle self so voorgestel: Hello ek's Adam en ek's straight.  Hulle doen dit nie, waarom moet JY dan uitkom?  Aanvaar dat almal klaar weet, en as hulle te dom is om te al uit te gefigure het, dan is hulle nou maar net te dom.  

Jou seksualiteit traak niemand nie.  Dit maak maar n klein gedeelte van jou hele persoonlikheid op, ne?  Daar is soveel meer aan Steven, soos sy humor en glimlag en intelligensie, ens.  Wie jy kies om te knyp in die donker is maar net n klein stukkie.

Dating. Nou daar is n rowwe ene, maar nie totaal onoorkombaar nie.  Met oefening, en as jy jouself eers aanvaar het, en jou oe laat begin dwaal, sal jy begin sien daar is baie meer gay ouens om jou as wat jy dink!  We're everywhere, like kakiebossies!  Meeste van ons is ook maar normale ouens by die huis wat ook hou van braaivleis en rugby.  n Klein groepie is club-bunnies en pub-hoppers.  Online dating is n gemaklike manier om iemand te ontmoet wat jy WEET is gay, maar dit is maar baie soos Pick'n'Gay.  Jy kies een en slaap met hom en beweeg aan.  Ek is ook nie n groot voorstaner daarvan nie.

Die maklikste manier om mense soos jouself te ontmoet, is om sosiaal te verkeer met mense soos jouself.  Gaan na vriende se huispartytjies, kuier saam met almal by kampe, watookal jou sosiale keuses is.  Kort voor lank sal jy in iemand vasloop soos jy.  Netwerk :-)

Die trick is, jy moet eerder LEWE, en die res van die goed moet bysake wees, ingesluit jou seksualiteit.

En moenie worry nie, God staan daar langs jou met die reenboogvlaggie.  Hy is VEEL meer gepla oor hoe jy jou lewe spandeer om Sy woord hoog te hou, ander te werf vir Hom, Sy naam uit te skree, en goed te doen hier op Sy planeet, as wat Hy hom bekommer oor wie jy wil soen ;-)

Adriaan

NS  Jy is meer as welkom om nog te skryf as jy oor enigiets wil gesels.  Jy hoef dit nie alleen te doen nie!  Onthou om dit privaat te merk as jy wil he net ek moet die emails kry en dit moet nie gepubliseer word op die internet nie.

Gay Life

All Answers


Answers by Expert:


Ask Experts

Volunteer


Adriaan Pretorius

Expertise

Any questions on how to come out, handling people close to you, handling the pressures of being gay in society, going out, seeking a partner, etc. are welcome. I live in South Africa and may have a unique perspective on gay live, as gays do not live openly and have been scorned for a long time here. If you need to speak to someone, and no one wants to listen, I will try my best to be a friend when you have none.

Experience

I am a gay male who have lived the life as someone that had to hide it from everyone for a long time until coming out some years back. I know how it feels to be 'in' and 'out' and have had diverse experiences in relationships. I have had friends who hated gay life, gay bashers, friends who understood me.

Education/Credentials
I have a postgraduate degree in Science. I have worked together with and currently work with homosexual and heterosexuals in my environment.

©2016 About.com. All rights reserved.