You are here:

Gay Life/Bekommerd oor broer

Advertisement


Question
Hi Adriaan

Dankie dat jy die tyd neem om my brief te lees.

Ek is 25 jaar oud (Lesbian). En ek is bekommerd oor my broer (28). Hy is die middel kind van 5 (3 seuns, waarvan hy die jongste seun is, en twee dogters, jonger as hy). Ons familie is deur baie moeilike tye, verral as kinders, maar dit het ons net sterk gemaak en nader aan mekaar gebring. Dank die Vader dat nie een van ons dwelm verslaafdes geword het of "van die bus af geval het" op een of ander manier nie. Alhoewel, die broer van my vind dit moeilik om op sy eie twee bene te staan. Hy was nog altyd afhanklik van sy familie, verral finansieel. Hy is 'n pragtige mens met 'n hart van goud, maar ons almal raak nou moedeloos met hom. Hy werk bietjie hier, bietjie daar, maar is nooit stabile en standvastig nie.

Ons ma is 'n fantastiese mens - saggeaard, en 'n Christen met goeie waardes. Die moeilike tye waarvan ek praat is meestal met ons pa. Hy is 'n alcoholis en het baie wreed opgetree teenoor my ma. Die seuns het party maal "verbal abuse" ontvang van hom af. Hy het ook altayd my twee oudste boeties voor getrek. Ons ouers is gelukkig geskei vandag.

Dit gese; My bekommernis is dat my broer nie kan vrede vind met himself nie. Hy het so twee jaar terug vir heelwat mense vertel dat hy heel moontlik bisexual is. Ek het geweet al vir 'n geruime tyd, maar hy wou niks se nie. Hy is baie trots. My my pa het geleer: " 'n MAN is 'n MAN " en vrouens sit nie op mans se koppe nie ens. My pa weet nie van sy sexualiteit nie. My ma het dit baie goed aanvaar en niemand oordeel hom nie. Hy veg homself.

Hy is in 'n moeilike bootjie en ek kry hom vreeslik jammer hieroor. Hy gesels dikwels met my oor die dinge, maar ek kan net soveel raad gee. Op die ou end moet hy homself help. Hy se hy's def nie homoseksueel nie, hy wil met 'n vrou trou. Maar wanneer hy teveel gedrink het, het hy soms seksuele interaksie met mans. Hy se dis meestal dat hy 'n beskermende figuur naby hom nodig het. Ek sien dit natuurlik as 'n resultaat van my pa wat nooit genoeg aandag aan hom gegee het nie. Hy verstaan dit self nie. Soms walg dit hom en ander kere pla dit nie veel nie. Op die oomblik is hy geiriteerd hiermee en hy weet nie hoekom nie. Hy het op die meeste twee verhoudings in sy lewe gehad, met meisies, en nie weer nie. Hy is alleen, vir baie lank al. Hy se hy wil nie nou 'n meisie he nie, want hy kan haar niks offer nie, maar hy is moeg vir die alleen wees.

Ek wens so ek kan met spesiale kragte, VREDE in sy hart plant. Almal het al geoffer om vir hom profesionele hulp te kry, maar hy wil nie. Hy se hy sal eendag. Verder is daar niks wat pla by hom waarvan ek weet nie. Hy is aantreklik, baie intelligent en gesond.

Wat kan ek tog doen om hom te help met die struikel blokke?

Ek is vir hom baie lief, so ook ons hele familie.


Baie dankie.

Answer
Hello J

Ek kan darem met sekerheid se dat jou broer straight is.  Biseksualisme is wanneer iemand gevoelens kan ontwikkel teenoor beide geslagte, en al waaraan jou broer skuldig is, op die MEESTE, dat hy manlik is!  As hy net aangetrokke raak tot mans as hy gedrink het, is dit regtig niks meer as eensaamheid en samesein soek, soos jy vermoed het nie.  Daar is eintlik, as jy so daaraan dink, niks fout ook daarmee nie, mits hy dit kan sien as net pret en niks meer nie.  Die mans met wie hy so aangaan, het hulle al ooit prestesteer?  Was hulle ook dronk?  Was hulle gay? Seks kom van twee kante af, en jou broer moet nie net homself blammeer vir sy aksies nie.  As hulle dit toelaat, was dit tog aanvaarbaar van beide kante af?

Die fisiese aksies, bepaal nie jou orientasie nie, anders was ons almal gay en straight en alles tussen-in.  As ek moet se, sou ek eerder vir jou broer vra wat die eintlike probleem is hier.  Ek glo nie dit het enigsins met seks met mans te doen nie.  Daar is iets anders aan die byt hier.  Soos jy gese het, gaan dit meer oor dat hy voel hy kan niks aan n vrou bied nie.  Wel, dis natuurlik snert!  Vrouens soek nie net geld nie, nie waar nie?  Hulle soek liefde en geduld en n maat en geluk en allerhande dinge wat hy WEL kan bied.  Geld, werk en stabiliteit is goeie dinge om OOK te he, maar daar is soveel meer wat hy het.

Hy kort n 'game plan', n strategie.  Hy moet n stap vir stap lysie maak van alles wat hy dink hy moet vermag om n vrou los te slaan, en dan dit een-een aan te pak.  As hy n doelwit het, gaan dit dalk beter, en hy ontmoet dalk iemand OPPAD na die doelwit.  Stap een, kry n werkie, iets kleins dalk eerder, iets waar hy kan voel hy vermag iets, ipv om te groot tree te probeer gee.  Hy moet nie na AL die stappe gelyk kyk nie.  Een stap op n slag.  Hy moet dit doodtrek as hy klaar is en dan na die volgende stap gaan.

Se vir hom, seks met n ander man is net speel, dis niks meer as dit nie.  Dit maak hom nie gay nie, en dit maak hom nie biseksueel nie.  Dis iets fisies en het geen betekenis nie.  Dis n uitlaatklep vir frustrasie en om lekker te voel en om te voel hy bereik iets.  Dis waarom dit hom aantrek :-)

Sterkte en laat weet my wat gebeur, reg so?

Adriaan

Gay Life

All Answers


Answers by Expert:


Ask Experts

Volunteer


Adriaan Pretorius

Expertise

Any questions on how to come out, handling people close to you, handling the pressures of being gay in society, going out, seeking a partner, etc. are welcome. I live in South Africa and may have a unique perspective on gay live, as gays do not live openly and have been scorned for a long time here. If you need to speak to someone, and no one wants to listen, I will try my best to be a friend when you have none.

Experience

I am a gay male who have lived the life as someone that had to hide it from everyone for a long time until coming out some years back. I know how it feels to be 'in' and 'out' and have had diverse experiences in relationships. I have had friends who hated gay life, gay bashers, friends who understood me.

Education/Credentials
I have a postgraduate degree in Science. I have worked together with and currently work with homosexual and heterosexuals in my environment.

©2016 About.com. All rights reserved.